" Sloping " deur PETER BLUM [boodskap #77592] |
Sun, 11 May 2003 18:39 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Peter Blum
Sloping
die vel rondom blink oë sal eerste swig
want niks is so vermoeiend soos die lig
senings sal koord langs die gesonke keel
want om die kop regop te dra verveel
dalk sal die stem ontmelodie en kraak
uitgeput deur herhalerige spraak
die gladde buik sal bakstaan uitgedy
deur jare opgebergde lekkerkry
en krimpel sal die graanmied van die bors
deur aai na aai soen na soen uitgedors
net die verwende seks sal nog daarna
dieselfde hartstog en verrukking vra
|
|
|